Welkom

Die Gilde bedank Môreson Grondverskuiwers vir die borg van hierdie webwerf.  Klik op die logo vir meer besonderhede.

Robertson Museum soos dit gelyk het voordat die gebou ineen gestort het.  Klik op die foto vir die storie van “Druids Lodge”.

Wie ons is …

Baie welkom by die amptelike Afrikaanse webblad van die SA-Geskiedenis Gilde, Robertson. Die Gilde was gestig in Februarie 2017 deur ‘n groep gewone mense met ‘n passie vir die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Ons fokus is slegs op Suid-Afrikaanse geskiedenis en baie belangrik, die ryke geskiedenis van Robertson en onmiddellike omgewing. Byeenkomste word maandeliks gehou by die plaaslike museum. Lede kry die geleentheid om ’n voorlegging te doen oor ‘n onderwerp van sy/haar keuse. ’n Voorlesing word óók gedoen oor ’n brokkie geskiedenis met betrekking tot Robertson.

Jaareinde uitstappie van Gilde-lede na
Weltevrede Wynlandgoed
18 November 2022

Heelbo LnR: Gert en Annette Naudé, Maree Rabie en Asha Hartman, Karel en Yolanda van Biljon, Naomi en Johan du Preez, Marianne en Rudi Oosthuizen, Annie en Francois Kriel (voor).

Jaareinde uitstappie van Gilde-lede na
Leipzig Country House & Winery
27 November 2021

Geleë in die Nuy Vallei tussen Worcester en Robertson is die Rabie-familie se “vaderland” te vinde.
Dié uitstappie was geïnspireer deur van die Rabie-familie afstammelinge wat ook lede van die Gilde
is. Baie interessante familiegeskiedenis wat oor eeue strek. Selfs van die Italiaanse krygsgevangenes
het hier ‘n tydelike tuiste gedurende die Twee Wêreldoorlog gevind.

Jaareinde uitstappie van Gilde-lede na
Wederom Boetiek Wynkelder
28 November 2020

Dié geskiedkundige wynplaas buite Robertson het Italiaanse krygsgevangenes gehuisves gedurende
die Tweede Wêreldoorlog. Die Gilde het gaan kyk na die nalatenskap van die gevangenes wat nog
steeds vir die nageslag bewaar word. Klik op die skakel hieronder vir die volle Wederom verhaal.

Wederom Boetiek Wynkelder

Jaareinde uitstappie van Gilde-lede na
die Danie le Roux Museum op Bonnievale
16 November 2019

Die Gilde sluit die verrigtinge van 2019 af met ‘n besoek aan die Museum asook die Angora Stud
gasteplaas waar ‘n interessante klassieke versameling motors uitgestal word.

Dave Pepler besoek die Gilde
15 Augustus 2019

Dave Pepler vertel staaltjies uit sy grootword jare op Robertson. Voor v.l.n.r.: Jacobus Kloppers, Jean
van der Merwe, Dave Pepler, Dianne Coetzee. Agter v.l.n.r.: Len van Aswegen, Johan du Preez, Hennie van Dyk, Adriaan Landman, Maree Rabie, Rudi Oosthuizen.

Prof Hermann Giliomee besoek die Gilde
23 November 2017

Die titel van Prof. Giliomee se praatjie is: “Getuie van Groot Tye —‘n Historikus kyk na ons eie tyd”.
V.l.n.r.: Dianne Coetzee, Maree Rabie, Len & Anita van Aswegen, Jacobus Kloppers, Prof. Hermann
Giliomee, Helena Liebenberg, Johan du Preez, Jean van der Merwe, Hennie van Dyk en Rudi
Oosthuizen.