Gebeure en feite uit die verlede van Robertson
Een Vrydagmiddag teen die einde van Oktober 1860 het ’n sekere Mej. Maria Erasmus van Agterkliphoogte dorp toe gekom om die godsdiensoefeninge van die Sondag by te woon. As sy daardie dag tuis gebly het, sou dit nooit nodig gewees het om hierdie treurige geskiedenis te vertel nie.
Die Saterdagaand het sy by haar verloofde gekla dat sy nie wel voel nie en Sondagoggend was sy sommer regtig siek, maar ten spyte van haar ouers se waarskuwings, gaan sy tog saam met haar verloofde kerk toe. Toe oubaas Erasmus die volgende dag vir die jongman laat weet dat Maria masels het en plat lê, was dié ook al in die bed en binne veertien dae het die masels feitlik deur die hele dorp en distrik versprei. Dit was bereken dat Maria Erasmus die möre in die kerk ongeveer sewentig mense aangesteek het.
Masels is gelukkig nie ’n baie gevaarlike siekte nie en die mense het gelag vir die gedagte om ’n dokter daaroor te raadpleeg. Ons boermense het mos vir alles ’n raad en vir masels is daar niks wat by bokmis kom nie. In Dassieshoek was daar ’n ou aia wat ’n deskundige in die bereiding van die bokmis middel was en sy is van huis tot huis gestuur om dit vir die siekes toe te dien.
Maar toe breek daar koors uit en die mense, reeds verswak deur die masels, begin sterf. Die rede vir die koorsepidemie was nie vêr te soek nie; die kraal waaruit die bokmis gehaal was, was met die dodelike kieme besmet. Dit word vertel dat ou Dr. Hanf, ’n Duitser, die eerste dokter op Robertson, gesê het " Julle kryg die koors van die goed watjulle vir die masels gesuip het.”
Om die saak nog te vererger was die somer van 1860-1861 besonder droog en die mense nie juis gesteld op ontsmettingsmiddels nie, met die gevolg dat die plaasvolk ook aansteek en die koors in die distrik versprei. In Klaasvoogds waar net vyf families gewoon het, is daar tien persone dood. Op Robertson het drie-en-twintig families gewoon en hoewel die families van daardie dae baie groter is as dié van vandag, is ag-en-vyftig sterfgevalle ’n baie hoë persentasie. Onder die geledere van die gekleurdes wat minder sindelik geleef het, het die pes ven/voesting versprei en hulle feitlik by die honderde afgemaai. Ou Mev. Van Eeden vertel (en ons glo haar redelik) dat dit baie erger was as die griepepidemie van 1918.
Armoede en honger het nou die nuwe gemeente bedreig. Die magistraat het ’n beroep op die Regering gedoen om hulp te verleen en ’n paar persone is gestuur om sop te kook en dit elke dag by die kantoor uit te deel. Van Over Hex het die Du Toits twee wavragte kos en ander lewensmiddele gestuur, toe by die sustergemeente, Worcester, ook om hulp aangeklop is.
Ds. De Smidt, die eerste leraar, het nag en dag gewerk met die gevolg dat toe hy ook die koors kry, hy geen weerstandsvermoë meer besit nie en ook beswyk. Hy was die laaste om aan te steek en die laaste om te sterf. Toe hy begin siek word, is hy vir verpleging deur Dr. Robertson na Montagu gestuur, waar hy op 21 Januarie 1861 sy laaste asem uitgeblaas het.
Murmurering en ontevredenheid was die onvermydelike gevolg van die armoede en ellende en reg of verkeerd, het oubaas Erasmus al die skuld van die “Groot Koors” soos die oumense dit genoem het, moes dra.
Wat die oorsaak was dat die liefde tussen Maria Erasmus en haar jongman vertroebel het en of hulle stry gekry het omdat sy hom met masels (met koors as gevolg) aangesteek het, kan nie gesê word nie, maar een ding is seker, hulle twee het nooit met mekaar getrou nie. Die verliefde jongman van sewentig jaar gelede, het vir hom ’n vrou uit ’n ander vooraanstaande familie in Robertson gekies en Maria het virjare stil op die boerplaas, Agterkliphoogte bly woon totdat ’n wewenaar uit Caledon haar kom weghaal het.
Deur Mnr. I. de V. Malherbe
Die statige kloktoring op die terrein het ook ’n stukkie geskiedenis om te vertel. Volgens AH Tromp in sy boek ‘Robertson 1853-1953’ is dit die oorspronklike klok wat in die 1850s deur die firma Barry en Neefs aan die oorspronklike kerk geskenk is. Na die voltooiing van die huidige kerkgebou is dit in die houttoring gehang. Die koster van die laat 1960s wou waarskynlik seker maak dat almal op Sondae die klokgelui sou hoor en het dit so woes geruk en gepluk dat die houttoring gedreig het om inmekaar te stort. Mnr. Niko Loubser, inwoner en boer van die omgewing se vader, mnr. Johannes Loubser, was bevrees vir die koster se lewe. Met ’n massa van ongeveer 230 kg het die klok ’n ernstige bedreiging vir die koster ingehou.
Mnr. Loubser het toe die huidige kloktoring ontwerp en in 1972 is die toring gebou — ’n sieraad op die terrein.
Die eerste ingeskrewe leerling (in ons besit) is die van Mathilda Roux, gebore 17 Mei 1869. Die oudste lewende oud skolier is Mev. Lena Lourens néé Zeeman. Sy is gebore op 12 Julie 1919 en is woonagtig op Swellendam. Die vroegste geboorte datum in bogenoemde register ingeskryf, is die van Hendrik van Greunen, gebore 1891 en is op die ouderdom van 17 jaar en 2 maande as 'n sub A leerling toegelaat.
Die grond waarop die skoolgebou gebou is, het destyds aan Mnr. Chris Viljoen behoort. Gedurende 1938 het die Departement van Onderwys nie kans gesien om die skool en terrein by Mnr. Viljoen te koop nie. Die gemeenskap van Goudmyn het besluit om dit self te koop. Na die dood van Mnr. Viljoen se Vader het die grond en gebou hom toegeval en wou hy die skool en terrein verkoop. Die koopsom was £400. Die gekoopte gebou moes vergroot en verander word en aangesien dit moeilike jare was en daar nog aan die depressie gewurg is, is £500 geleen by ene Mnr. Tinie Hamman van Robertson teen 5% rente. Donasies het gekom van die Goudmyn gemeenskap by wyse van vervoer van boumateriaal vanaf Klaasvoogds Stasie. Die hout boumateriaal is by Thesen Ltd., Knysna, aangekoop vir £119.18. Na voltooiing van die skool gebou het dit bekend gestaan as die Goudmyn Saamtrek Saal. Die gebou moes ook 'n voog hê en daar is besluit op die N.G.Kerk Robertson aangesien daardie deel van Goudmyn destyds by daardie gemeente ingedeel was. Met die afstigting van die N.G.Gemeente van Ashton in 1949, is die Kaart en Transport oorgedra na Ashton.
Oor die jare heen is slegs dames op die personeel aangestel. Die eerste onderwyseresse was Mejj. Burger en Lambrechts. Eenmaal is toevallig 'n gegradueerde man aangestel, maar hy was 'n teleurstelling en hulle moes hom vra om te gaan omdat hy Saterdae hoogs plesierig met sy kitaar in die pad loop en sing het. Van die talle ondenivyseresse, het twee dames daar afgetree. Hulle was bekend as Miss Kriel en Miss Marais - Miss Kriel was van Montagu en Miss Marais van Goedemoed, Klaasvoogds. Miss Marais het lank met 'n een-perd karretjie van Klaasvoogds af skool toe gery. Miss Kriel het by die Rabies op Rouxvale loseer. Sy het vir haar 'n 1938 model "two-seater" Chef motor kar gekoop. Vir die kinders was dit iets baie snaaks toe Miss Kriel die eerste keer by die skool opdaag met haar motor. Ongelukkig vir albei ondenNyseresse het Miss Kriel dan ook die eerste dag albei Miss Marais se perde kar se disselbome afgery! Miss Kriel tree af in 1948 en in Oktober 1954 plant die Vroue Werkgeselskap van Goudmyn ’n dadelpalm by die skool, geskenk deur Mev. Jean Retief, ter aandenking van Miss Kriel wat oorlede is. Na Miss Kriel se aftrede in 1948 word die pos per abuis weer geadverteer vir ’n manlike persoon. In 1949 word die eerste manlike Hoof by die Goudmyn Laerskool aangestel in die persoon van Mnr. Andries Kritzinger.
In 1984 en 714 toegelate leerlinge later, het die skool 'n Voorbereidingskool geword. Vandag is daar nie meer leerlinge wat die skoolklok hoor lui nie. Die gebou word wel nog gebruik vir ander byeenkomste soos bidure, vergaderings, gemeenskap opleiding. Die gebou en gronde word netjies gehou deur die omliggende boere wat ook almal hul onderrig daar ontvang het.
Teen die begin van die 18e eeu was die nedersetting aan die Kaap tot die omstreke van Kaapstad, Stellenbosch en Drakenstein beperk. As gevolg van die ontwikkeling van veeboerdery, het die uitbreiding van die binneland na 1700 in alle erns in aanvang geneem. Die koloniste het in ’n noordelike en oostelike rigting getrek. Die veeboere begin gevolglik met hulle vee oor die berge trek. Die beweging begin ooswaarts omdat die pas (nou die Sir Lowry’s-pas) die gemaklikste weg was. Eenmaal oor die pas het die heerlike valleie van die Sonderend- en Breërivier voor hulle oopgelê.
Die pokke-epidemie van 1713-1715 het hele Hottentotstamme laat uitsterwe. In die vroeë digbevolkte valleie van die Sonderend- en Breëriviere kon ’n mens na 1715 slegs hier en daar ’n enkele kraal van Hottentotte kry. Die land was leeg en sonder inwoners; daar was niemand om die blankes na dese te belet om sulke vrugbare grond in besit te neem nie.
Op 28 April 1823 het die H.O.I.K. aan die veeboer Frederik Jasz van Eeden die reg verleen “omme voor ten tyd van een geheel jaar met syn vee te moogen gaan leggen en weijden boven aan de Saraas Rivier, mits aldaar imand leggende in’t hoeden niet hinderlyk te syn." Hy kon vir ’n onbepaalde tyd die leenplaas besit mits hy gereeld sy jaarlikse Iisensie hernu en die nodige rekognisie-geld van twaalf riksdalers perjaar betaal.
Ander veeboere het hul weldra hier gevestig. ’n Lisensie uitgereik op 19 September 1725 lui: “werd door deesen geparmitteerd aan den landbouer Bernardus Bulion omme voor den tyd van een geheel jaar met syn vee te moogen gaan leggen en wiejden tusschen de Saras rhievier en Cochemans Cloof genaamt de hoorens fontein." In 1727 verlaat hy die plaas.
In 1733 vestig Mattijs Strydom hom “aan de Cochmans Cloof genaamt de hoorens fontein." Op 24 Julie 1739 word aan Pieter Wullemz Nel die reg verleen om hom “op de plaats genaamt Zandvliet aan de Cochmans Cloof’ te vestig.
’n Uitspanning genoem "Roodewal" is vir die veeboere onder die rooi walle van die Cogmansrivier ingerig. Hierdie Uitspanning was geleë langs die grootpad wat langs die Langeberge gekronkel het. By Roodewal het die boere en handelaars mekaar op vasgestelde tye ontmoet. Hier is handelsware uitgeruil. Vir biltong, velle, ens. het die veeboere geruil: negosieware, ammunisie, brandewyn en ander benodighede. Ook vir boere in die Klein-Karoo was Roodewal ’n belangrike handelspos.
By Roodewal het boere ook by geleenthede mekaar ontmoet en as vrywilligers na die grensdistrikte vertrek om die grensboere in hulle stryd teen die swartes te help.
In Junie 1858 is die landdrosdistrik van Robertson geproklameer. Dit het die hele Montagu en omliggende dele ingesluit. Die distrik is in 1859 in sewe veldkornetskappe verdeel. Die volgende plase was in die veldkornetskap bekend as voor-Cogmanskloof geleë: Sarasrivier, Loopende Rivier, Zandvliet, Goedemoed, Klaas Voogds Rivier en aan de Klaas Voogds Rivier. Montagu het in Januarie 1897 ’n afsonderlike landdrosdistrik gekry. Roodewal en omgewing het eers later onder Montagu se jurisdiksie geval.
Die pad vanaf Montagu na Roodewal deur Cogmanskloof het op agt plekke oor die rivier gekronkel. In 1969 is begin met die bou van ’n nuwe pad en tonnel en is in 1877 teen ’n koste van R24 564.00 voltooi.
Op 28 Februarie van daardie jaar is die nuwe pad vir verkeer oopgestel en aan die Afdelingsraad van Robertson oorhandig.
Op 26 September 1887 word die spoorlyn tussen Worcester en Roodewal geopen. Ongeveer toentertyd is die naam Roodewal verdoop na Ashton. Die plek is vernoem na Job Ashton, ’n direkteur van die “New Cape Central Railways (Ltd).”
In 1887 word die eerste poskantoortjie met een klerk opgerig. Ook vir die opvoeding van die kinders van die streek moes voorsiening gemaak word. In 1910 word die eerste skool naby die stasie met 16 kinders geopen.
Vir baie jare het Ashton bestaan uit: 'n spoorwegstasie, goedereloods, ’n paar huise en kamers vir die spoorvvegpersoneel, een hotel, poskantoor, skooltjie, een winkel, ’n slaghuis, ‘n polisiekantoor en twee privaat huise.
Gedurende die jaar 1939 kom hier skielik met die oprigting van die Langeberg Koöperasie, ’n oplewing. In 1949 kry Ashton ’n verdere stoot toe die tweede inmaakfabriek, Ashton Canning Company, gebou word. Waar voorheen slegs doringbome getier het, word erwe uitgemeet en ‘n dorp word aangelê.
'n Dorpsbestuur het vanaf 1947 die dorp bestuur. Die dorp brei so vinnig uit dat dit in 1956 verhoogde status kry — 'n Munisipaliteit.
Kerklik was die “Voor Cogmanskloof’ teen die middel van die 19e eeu deel van die uitgestrekte gemeente van Swellendam. Toe die nuwe gemeente Robertson in 1853 gestig is, het hierdie wyk ’n deel van die nuwe gemeente geword.
Op 19 Mei 1949 is die NG Gemeente Ashton met 436 lidmate gestig. Die gemeente is agtereenvolgens deur die volgende leeraars bedien: Di. BJB Roux (1949-55), BJ Cronje (1956-61), J Ries (1961-65), B Smit (1965-71) en JH Neethling (1971-).
UIT: Ned. Geref. Kerk Ashton - Kwarteeufees Gedenkboek - 1949 - 1974
